| |
Die gebruik van essensiële olies en aromaterapie mag deur sommige persone gesien word as 'n moderne ontwikkeling, alhoewel dit in werklikheid al vir eeue gebruik word. Koop essensiële olies in Suid Afrikaanse Rand...
 |
op hierdie bladsy |
In antieke tye is essensiële olies meestal gebruik vir seremoniële gebruik, maar vandag word essensiële olies ook gebruik vir die terapeutiese effek wat dit het, of vir die pure genot van hierdie welriekende vlugtige olies.
Hierdie webwerf het nie allerhande grafiese effekte, musiek of speletjies nie – dit behandel net 100% essensiële olies – en ons het gepoog om 'n volledige indeks op te stel van die meeste olies wat gebruik word – of ons dit nou te koop aanbied of nie.
Daar is 'n bladsy wat handel oor elke olie – en bevat inligting oor die voordele van, en gebruik van elke olie, asook gesondheid waarskuwings.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS:
Alle hiperskakels vanaf hierdie bladsy sal u neem na ander bladsye met meer inligting, maar al hierdie bladsye sal in Engels wees, aangesien ons maatskappy ongelukkig nie oor die hulpbronne beskik om al die bladsye in Afrikaans te vertaal en aan te bied nie. |
- Alhoewel ons nie alle essensiële olies verkoop nie, het ons gepoog om 'n inhoudsopgawe en hulpbron daar te stel wat meeste van die essensiële olies behandel. Om na hierdie inhoudsopgawe te gaan klik asseblief hier.
- Al ons olies word vervaardig van hernubare bronne en ons volg ook die riglyne van eerlike en billike handel met die mense wat ons olies distilleer, en geen kinderarbeid word gebruik in die vervaardiging van ons olies nie.
- Alhoewel baie mense op soek is na “organiese sertifisering” van produkte, kan ons net noem dat al ons botaniese materiaal natuurlik gegroei en geoes word, en dat meeste van ons verskaffers te klein is, en in te vêr afgeleë plekke hulle handel bedrywe, om toegang te hê tot sertifiserings owerhede. Ons verskaffers is meestal kleiner familie georiënteerde besighede wat nie chemiese bemesting of plaagbeheer toepas of gebruik nie, en wat eerder sorg dat hulle plante natuurlik gesond groei en bly. Ons olies is dus NIE deur 'n sertifiserings owerheid gesertifiseer nie, alhoewel ons verskaffers in elk geval die riglyne volg.
- Ons vertrou egter dat u die besoek aan ons webwerf sal geniet en dat u die bladsye interessant sal vind. Vir toegang na ons bladsy wat handel oor u privaatheid klik asseblief hier en vir meer inligting oor ons maatskappy klik asseblief hier.

Headings of links underneath
|
| |
|